Besoek die boekwinkel. Boeke deur Dan Roodt onder andere...
http://www.praag.org/
Resensie: Dan Roodt se Aweregs
Klara Majola
Sy brief aan Annesu de Vos bevat hierdie stukkie suiwer poësie:
"'n Hele konstruksie verrys as jy iets uit jou kinderdae proe of ruik. As jy die boerebeskuit in jou koffie druk, kom jou wêreld te voorskyn, die huis uit jou kinderdae, die strate waarin ons gery het met ons fietse toe dit nog veilig was, die kleurbaadjies wat ons gedra het, die skoolbus, Somer deur CM van der Heever wat jou voorgeskrewe boek was, die gay taalonderwyser wat iets van die misterie van die lewe voor jou laat oopgaan het met sy terloopse ironieë. Dit was alles so onbenullig, maar dit was ons lewens".
Tog het sy geliefde volk skadukante wat hom om die beurt teleurstel en laat rooi sien.
Al plan wat hulle (die Afrikaners) het teen die verguising van hul taal en geskiedenis, sis hy êrens, is om te emigreer of Engels te word. As hulle oorheers word, soos nou die geval is, word hulle volgelinge en sikofante.
Hy gril vir sy mense wat hul kinders los voor Cartoon Network: "So verinnerlik die kind die Amerikaanse leefwêreld nog lank voor hy behoorlik Afrikaans leer praat het". Kader Asmal se skoolleerplanne verdom sy volk in so mate dat hulle hul taal swak praat en eenvoudige somme op 'n rekenaar moet doen.
En so van rekenaars gepraat: "Meer en meer Afrikaners verruil hul kultuur, wat kan meeding met die beste van Wes-Europa, vir 'n kennis van Windows of Microsoft Outlook, asof dit nie iets is wat in enkele dae aangeleer kan word nie". (Roodt het 'n broertjie dood aan die woord "rekenaargeletterdheid").